Napha bemark Namibië in Oostenryk
Verteenwoordigers van Namibiese jagmaatskappye en -plase, asook lede van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het verlede week die Hohe Jagd & Fischerei-skou in Salzburg, Oostenryk, bygewoon. Die politieke sekretaris van die Namibiese ambassade in Oostenryk, Lukas Shekwaanyena, en Namibiese ere-konsul Ingrid Weinberger het ook die skou bygewoon om Namibiërs te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Axel Cramer, die voorsitter van Napha, gesels wat sê dat die geleentheid baie positief was.