Nanso stel eise aan NSFAF

Die leierskap van die Namibiese Studente-organisasie het in ‘n brief aan NSFAF sekere eise gestel. Nanso eis onder meer die onmiddellike betaling van Mei en April se nie-klasgelde voor Vrydag 2 Junie, die ontvangs van heraktiverings-goedkeuringsbriewe teen Woensdag en kontrakte aan die onderskeie begunstigdes op 10 Junie. Hulle eis ook die vrystelling van die appèllys voor Vrydag. Indien die fonds nie aan enige van die eise voldoen nie, gaan Nanso op 14 Junie 2023 ‘n landwye betoging teen die fonds hou. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.