Nanso se kongres word einde April gehou

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, maak gereed om hul 17de nasionale studente-kongres te hou. Nuwe leierskap sal by die kongres verkies word wat die organisasie in ‘n nuwe era sal inlei. Volgens Nanso se woordvoerder, sal die kongres uiteindelik aan die einde van April plaasvind nadat dit deur die Covid-pandemie ontwrig was.