Nanso, NSFAF en hoër onderwysministerie vergader
Die president van die Namibiese Studente-organisasie, Nanso, Lucia Ndishishi, vergesel van die sekretaris-generaal en die sekretaris vir hoër onderwys, het vandag ‘n vergadering gehou met die ministerie van hoër onderwys en die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente. Die leierskap het verskeie kwessies met die ministerie en hulpfonds bespreek en die vergadering was positief, het Dorothea Nangolo, Nanso se sekretaris vir inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.