NANSO hoop Geingob sluit skole

Namibiërs sit in afwagting en wag op wat President Hage Geingob in sy Covid 19-toespraak gaan sê. Een so ‘n instansie is die Namibië Nasionale Studente-Organisasie. Hul waarnemende woordvoerder, Ester Shakela, het gesê dat hulle van die President verwag om die skole toe te hou, aangesien die pandemie onder leerders en onderwysers ‘n groot bron van kommer is. Shakela het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.