Nanso het kommer oor eksamengereedheid – veral skool toestande

Die nasionale uitvoerende komitee van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het verlede maand hul Eksamengereedheidsveldtog in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Dit was die begin van ‘n inisiatief om die gereedheid van skole regoor die land te evalueer. Nanso het ná ‘n besoek aan sommige noordelike streke berig dat dissipline ‘n kwessie is en dat skole vervalle is, onder vele ander probleme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorothea Nangolo, die president van Nanso, wat van hul bevindings uiteensit.