Nanso diep teleurgesteld oor leerders wat steeds nie in skole geplaas is nie

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, sê hy is diep teleurgesteld oor die feit dat dit reeds Maart-maand is en dat daar steeds leerders is wat nie geplaas is nie. In sommige skole, is daar soveel leerders dat sekere grade beide oggend en middag sessies moet aanbied om almal te akkommodeer. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar steeds leerders is wat nog nie skoolgaan nie maar, kon nie sê hoeveel nie. Dorothea Nangolo van Nanso sê die ministerie het tog geweet voor die jaar begin het, dat daar tekorte sal wees…