Nanso: Betaal uitstsaande NSFAF-leningsJuly 12, 2023
Die Namibiese Nasionale Studentevereniging, Nanso, het sy reaksie gegee op die Namibiese Studente Hulpfonds wat soek na 3 638 begunstigdes wat eenvoudig weggeraak het. Die fonds sê hy is genoodsaak om die ministerie van binnelandse sake te nader om die individue op te spoor. Die fonds sukkel met terugbetalings van die begunstigdes. Die fonds het maandelikse betalings van die nie-klasgelde ingestel aan studente wat lenings gekry het om die geld terug te betaal wat hulle ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dylan Mukoroli, ‘n lid van Nanso, wat ‘n beroep op studente doen om hul lenings terug te betaal sodat die fonds geld kan hê om aan ander geld te gee.