Nangolo wens Cyril geluk

President Nangolo Mbumba het Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy herverkiesing as staatshoof. Mbumba sê Namibië en Suid-Afrika deel ‘n geskiedenis van ‘n stryd teen apartheid. Hy voeg by die twee lande se kollektiewe triomf teen apartheid en vermoë om doelgerig te werk aan die moeilike taak van nasiebou, ontwikkeling, gedeelde welvaart en konsolidasie van ons jong demokrasieë, is ’n goeie basis om bilaterale betrekkinge te versterk.