Nandi-Ndaitwah se stelling is nie heeltemal korrek nie

Visepresident Netumbu Nandi-Ndaitwah het onlangs ‘n opmerking gemaak dat 2017 en 2021 ‘n tydperk van lae beleggings van kommersiële banke in die landbou was. Volgens haar is die voortdurende onvoldoende finansiering deur private banke oninspirerend en ‘n doelbewuste uitsluiting van die land se behoeftigste boere. Sy het by ‘n vergadering met boere in die Omaheke-streek gepraat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu, ‘n ekonoom by Unam se departement Ekonomie, oor of dit ‘n geldige stelling is.