Nandi-Ndaitwah is wettige presidentskandidaat: Swapo

Swapo het by ‘n perskonferensie in die hoofstad versekeie onduidelikhede aan partylede opgeklaar. Dit volg op die hofsaak waarin vyf lede die party hof toe vat oor die spesiale kongres wat nie gehou is na Hage Geingob se dood nie. Die eerste was die wettigheid van Swapo se presidentskandidaat. Prokureur Sisa Namandje sê uitdruklik Netumbo Nandi-Ndaitwah is die wettige kandidaat.

Swapo en Nandi-Ndaitwah is in die Windhoekse hoërhof beveel om teen 30 Augustus antwoorde in te dien in die hofsaak. Namandje is aan die woord.