NamWater wil van jou hoor

NamWater het sy Eksterne Kliënte-tevredenheid Opname van stapel gestuur, wat daarop gemik is om dienslewering te verbeter en gemeenskapsbetrokkenheid te versterk. Volgens NamWater is die opname noodsaaklik om te verseker dat elke Namibiër toegang het tot voldoende, bekostigbare en hoë gehalte water – ‘n hulpbron wat noodsaaklik is vir lewe en ontwikkeling. NamWater se skakelbeampte, Lot Ndamanomhata, sit die belangrikheid van die opname uiteen.