NamWater sny water in Zambezi af
Talle huishoudings in die Zambezi-streek is sonder water. Dit kom na NamWater watertoevoer aan die gemeenskappe, wat direk water van die maatskappy ontvang, afgesny het. Die gemeenskapswaterpunte is tydens Covid opgerig en water is ingevolge ‘n kabinet riglyn, gratis verskaf wat veroorsaak dat hulle nou weier om te betaal. Van die waterpunte se rekenings beloop meer as 400 000 Namibiese dollar. Die gemeenskappe sê dis onregverdig en NamWater hou voet by stuk hy kan nie gratis water voorsien nie.