NamWater: Skuld kan nie net afgeskryf word
NamWater het sy reaksie gegee op die Rundu Concerned Citizens Association wat gepleit het om die dorp se waterskuld van 211 miljoen Namibiese dollar aan NamWater te laat afskryf. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling Reginald Ndara, wat ook as raadslid by die Rundu-dorpsraad dien, het die pleidooi tydens ‘n openbare verhoor gelewer. Dit volg na aanleiding van ‘n mosie wat in 2022 deur die LPM-parlementslid, Henny Seibeb, ingedien is vir NamWater om afstand te doen van historiese skuld deur plaaslike owerhede van tot 1,8 miljard dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van NamWater gepraat wat sê as hierdie bedrag afgeskryf word, word dié rekening net iemand anders se rekening.