NamWater se instandhoudingswerk suksesvol voltooi
Die instandhoudingswerk op die pypleiding tussen Von Bach-dam en die hoofstad het goed afgeloop en alles was volgens plan. NamWater se bestuurder vir die Khomas-gebied Stephanus Mukuya, sê normale toevoer van die hoofstad se bergingsreservoir is teen half-drie vanoggend voltooi.