NamWater kyk na voorafbetaalde watermeters
NamWater word meer as 2,1 miljard Namibiese dollar geskuld deur beide dorpsrade en verbruikers. Die nutsmaatskappy het in November verlede jaar aansoek gedoen om ‘n tariefverhoging, maar het nog niks van die kabinet daaroor gehoor nie. NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het by die regerings-inligtingsentrum ‘n oorsig van hul werksaamhede gegee. Hy sê hulle het met die regering geskakel om na voorafbetaalde watermeters vir inwoners te kyk om die skuld te probeer invorder.