NamWater ken drie tenders aan Chinese toe

Chinese maatskappye trek groot voordeel uit die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar. Die asbes-pyplyn van 53 kilometer is in 1978 gebou. NamWater het reeds die kontrakte onderteken. Die werke is in drie dele verdeel met drie Chinese konstruksiefirmas wat 19,7 kilometer teen 88 miljoen Namibiese dollar, dan 14 kilometer ter waarde van 69,6 miljoen dollar en die laaste 17,9 kilometer ter waarde van 79,6 miljoen dollar sal voltooi.