NamWater-hoof sê oor waterbronne

Kommer heers of daar genoeg water in Namibiese damme tot die volgende reënseisoen sal wees. Weens ‘n gebrek aan reën is damvlakke laer as verlede jaar. Gesamentlik is damme 69,7 persent vol teenoor verlede jaar se 84,8 persent. Die Von Bachdam by Okahandja se vlak staan op 28,7 persent teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se 52,5 persent. In die Suide is die Hardapdam by Mariental nou 41,6 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 71,5 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, gepraat wat ook baie bekommerd is…