NamWater gesels oor watervoorsiening op Gobabis, Omaruru
Met ‘n swak reënseisoen is daar talle gebiede, ook die sentrale gebied, in Namibië wat waterskaarste sal ervaar. Maar, in die Gobabis-distrik staan damvlakke gesamentlik op ‘n skamele 8,4 persent met water wat steeds vanaf die Otjivero-dam na die Tilda- en Daan Viljoen-damme gepomp word. Die Otjiverodam se vlak staan tans op 10,7 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia gepraat of daar enige planne is indien Gobabis nie water het nie…
Omaruru se watervlakke het ook gedaal en inwoners staar erge watertekorte in die gesig. Nehemia gee die jongste oor die dorp se waterplanne…