NamWater: Dorpsrade, landelike gemeenskappe skuld groot
Plaaslike media berig dat NamWater rondom 2,1 miljard Namibiese dollar geskuld word en het ‘n ontleding gedoen. Die regering skuld 32,9 miljoen dollar met munisipaliteite wat 150,1 miljoen dollar skuld. Streeksrade skuld 76,6 miljoen dollar en dorpsrade ‘n verbysterende 815,7 miljoen dollar. Landelike gemeenskappe skuld 625,7 miljoen dollar. Myne en industrieë skuld saam 132,1 miljoen dollar en boere skuld die watervoorsiener 22,5 miljoen dollar. NamWater het sedert onafhanklikheid nog net een reddingsboei van 100 miljoen dollar ontvang.