NamRA wil hê besighede moet registreer vir nuwe doeane-program

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA bied tans ‘n ontbytsessie in Windhoek saam met die private sektor aan op die gemagtigde ekonomiese operateursprogram in Namibië. Die program laat toe dat privaatmaatskappye kan registreer om deel van die program te wees wat goedere spoedig en sonder uitdagings deur doeane toelaat. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Thabo Khasipe, beskou gemagtigde ekonomiese operateurs as uiters belangrik vir die uitbreiding van die industriële basis van lidlande en vir streeksintegrasie.