NamRA vorder N$21,4 miljard in tweede kwartaal in

Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, het ‘n netto bedrag van 21,4 miljard Namibiese dollar se inkomste gedurende die kwartaal tot 30 Junie ingesamel. Dit is 25,1 persent van die totale inkomsteteiken van 85,3 miljard dollar vir die hele boekjaar. NamRA se kommissaris en uitvoerende hoof, Sam Shivute, sê binnelandse belasting het 13,5 miljard dollar of 63 persent van die totale netto invordering bygedra. Die oorblywende 7,9 miljard dollar kom van doeane en aksynsbelasting, hoofsaaklik deur kwitansies van die Suider-Afrikaanse Doeane-vereniging, Sacu.