NamRA vat voertuie af

Die Namibië-inkomste-agentskap sê reisigers wat nie voldoen aan die verpligte doeane-aangifte vereistes by grensposte nie, is onlangs swaar strawwe in die Gobabis landdroshof opgelê en hul voertuie is aan die staat verbeurd verklaar. NamRA versoek alle handelaars en reisigers om die vereiste verklarings oor goedere wat in die buiteland bekom is te maak, en te alle tye aan die toepaslike doeanevereistes te voldoen. NamRA woordvoerder Steven Ndorokaze het meer gedeel met Kosmos 94.1 Nuus.