NamRA stel ondersoekspan aan vir belastingontduikers

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gaan ‘n ondersoekspan op 1 Julie stig om die geldigheid van ingediende nul-belasting-opgawes te bepaal. Volgens NamRA is vanaf 2017 tot op hede  172 021 belastingopgawes deur 56 861 belastingbetalers of besighede vir inkomstebelasting ingedien waarvan meer as 16 000 belastingbetalers 138 245 nul-belasting-opgawes vir BTW ingedien het. NamRA sê sekere besighede probeer om die betaling van belasting te ontduik deur ‘n nul-belasting-opgawe te verklaar terwyl hulle egter steeds ‘n wins toon en multi-miljoen-dollar tenders van die regering kry.