NamRA soek bankbesonderhede vir terugbetalings

NamRA het vroeër die maand gevra dat meer as 8 100 belastingbetalers wat amper 67 miljoen Namibiese dollar in terugbetalings geskuld word, moet verseker dat hulle bankbesonderhede op hulle belastingprofiel is. Die agentskap het reeds meer as 91 000 terugbetalings verwerk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Absalom Absalom, NamRA se senior kommunikasiebeampte, wat verduidelik hoe mens jou bankbesonderhede kan opdateer.