NamRA smous met sy doeane-program aan die kus

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is tans in Walvisbaai om sy Gemagtigde Ekonomiese Operateursprogram to bevorder. Die program is vrywillig en is daarop gemik om handelaars te beloon wat voldoen aan bepaalde kriteria, soos ‘n toepaslike rekord van voldoening aan doeane en ander verwante wette en regulasies. Die program sal ook handel fasiliteer deur mededingende voordele deur bespoedigde doeane-uitklaringsprosesse, laer kostes, en beter sekuriteit te bied. Namib Mills is tans die enigste maatskappy wat by die program plaaslik geakkrediteer is.