NamRA skenk verbeurde goedere aan onderwysministerie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het verbeurde goedere ter waarde van meer as 100 000 Namibiese dollar aan die onderwysministerie geskenk.  Faustina Caley, adjunkminister van onderwys sê die skenking van rugsakke, pette en sokkerballe sal aan minderbevoorrgte leerders gegee word. Sy sê nie alle skole kan ‘n sokkerbal bekostig nie, veral nie in verafgeleë gebiede nie. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het die rol van die onderwysministerie uitgelig in die bevordering van sport in skole. Hy het beklemtoon dat die items nie gekonfiskeer is nie, maar verbeurd verklaar is.