NamRa kondig gewysigde vorm van amnestie aan

NamRA het ‘n gewysigde vorm van amnestie aangekondig, genaamd elektroniese belastingverligtings-program. Dit sal geld vanaf 1 Junie tot 1 Desember 2022 en daar is verskeie kategorieë. Hierdie vorm van amnestie het gekom ná die sperdatum van 31 Januarie 2022 van die vorige amnestie. NamRa se hoof, kommissaris Sam Shivute, verduidelik die gewysigde vorm van amnestie aan Kosmos 94.1 Nuus.