NamRA het geen kommentaar oor grenspos-verslag nie

NamRA wou geen kommentaar lewer oor die verslag deur die staande komitee oor openbare rekeninge na sy besoeke aan NamRA doeanekantore in die Omaheke-, Karas-, Erongo- en Ohangwena-streke nie. Die komitee sê hy het groot oor die voortdurende smokkel van voertuie met wanvoorstelling van fakture, sowel as sigarette, alkohol en brandstof by die grensposte. Die woordvoerder Steven Ndorokaze wou ook nie kommentaar lewer oor die verlies in invoerbelasting na hy wetgewing ingestel het dat geen voertuig ouer as 12 jaar na Namibië mag ingevoer word nie. Wat nou gebeur is die voertuie word deur Botswana ingevoer deur Namport en dan aan Namibië verkoop wat verliese aan die staatskas veroorsaak.