NamRA hef invoerbelasting op bessies, tuisgemaakte vodka vanaf Angola
NamRA het bevestig dat hy voortaan invoerbelasting op inheemse bessies, bekend in die Noorde as eembe, wat vanaf Angola na Namibië gebring word, sal hef. Volgens Tonateni Shidhudhu, woordvoerder van die agentskap, sê invoerbelasting moet gehef word omdat Angola nie ‘n lid van die doeane-unie, Sacu, is nie. Hy sê ‘n 20 persent heffing sal op die gewig per kilogram op eembe gehef word, volgens die waarde wat verklaar word by die grens. Dit geld ook vir ombike, of te wel, tuisgemaakte vodka. Mahangu en mielies het geen invoerbelasting nie. Die heffing sal volgens inwoners, ‘n herrie ontketen. Die produkte vorm deel van die gemeenskappe se kultuur en oorgrensbeweging bestaan reeds jare.