NamRA, finansministerie versaak hul plig: Tucna

Daar blyk verwarring te wees oor die terugbetaling van belasting-ooraftrekkings aan werkers. Na behore hoef dit nie ‘n kontant-terugbetaling te wees nie, maar kan deur werkgewers vereffen word deur minder belasting as wat vereis word af te trek in die komende maande. Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, beskuldig egter die finansministerie en NamRA daarvan dat hulle die verantwoordelikheid vir terugbetalings op werkgewers plaas. Die vakbond sê dit sal vir sommige werkgewers moeilik wees om by te bring. Mahongora Kavihuha, Tucna se sekretaris-generaal, brei uit.