NamRA en NamPost sluit ooreenkoms
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, en NamPost het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking op gebiede van gemeenskaplike belang. Volgens NamRA se woordvoerder, Tonateni Shidhudhu sal die twee instellings sal deur hierdie ooreenkoms verseker dat daar doeltreffendheid is ten opsigte van inkomste-invordering van pakkies wat deur NamPost ingevoer word. Die ooreenkoms voldoen aan die vereistes van die Universele Pos-unie en die Wêreld-doeane-organisasie. Shidhudhu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit voorkom ook dat onwettige goedere in- en uitgevoer word.