NamRA en Cran onderteken ooreenkoms oor telekommunikasie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA en die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het vandag in die hoofstad ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor die regulering en toesig oor die invoer, uitvoer, of die vervaardiging van telekommunikasie-toerusting en posdienste in Namibië. Die ooreenkoms beoog om sekuriteit te bevorder en internasionale handel te fasiliteer, vir verbeterde doeaneprosedures vir internasionale gewone pos van die aangewese pos-operateur. Verder beoog Cran en NamRA om saam te werk aan navorsing en kapasiteitsbou-inisiatiewe wat daarop gemik is om die wettige en doeltreffende invoer van telekommunikasie-toerusting en internasionale gewone pos te fasiliteer.