NamRA blyk om nie so ‘doeltreffend’ te wees nie

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Capricorn-groep, High Economic Intelligence en GIZ Namibia, het ‘n voorbegroting bespreking aangebied. Namib Mills se risiko- en voldoeningsbestuurder, Cameron Kotze, het tydens die geleentheid die Namibiese Inkomste-agentskap se doeltreffendheid bevraagteken in terme van die tyd wat dit neem om belastingterugbetalings te verwerk. Kotze sê vertragings belemmer ondernemings omdat geld wat in die onderneming herbelê kan word, by NamRA bly.