Nampu reageer op persvryheidtoekenning met Beukes wat geskors is

Namibië beklee al verskeie jare die eerste plek op die ranglys vir persvryheid in Afrika wat deur die Verslaggewers Sonder Grense-organisasie saamgestel word. Die uitvoerende direkteur in die informasie-ministerie, dr. Audrin Mathe, het ‘n sertifikaat en trofee namens Namibië ontvang by die Internasionale Fees vir Vryheid van Uitdrukking en die Pers wat in Burkina Faso se hoofstad, Ouagadougou, aangebied is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Charmaine Ngatjiheue, die woordvoerder van die Namibiese mediawerkers vakbond, wat hierop gereageer het in die lig van die skorsing van New Era se besturende redakteur, Jonathan Beukes.