Nampu kap NBC oor skorsing van senior redakteur
Die Namibiese mediawerkers-vakbond, Nampu, veroordeel die nasionale uitsaaier, die NBC, se skorsing van senior redakteur Anna Nicodemus ná haar onderhoud met Newzroom Africa. Nicodemus het kommer uitgespreek oor verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah se gesondheid, na sy flou geword het by verkiesingsaamtrekke. Nampu sê dit is ‘n aanval op persvryheid en joernalistieke onafhanklikheid. Nicodemus het haar mening in haar persoonlike hoedanigheid uitgespreek, ‘n reg wat onder Namibië se Grondwet gewaarborg word. Nampu het ook NBC se onlangse beperkings op joernaliste, insluitend tydens verkiesings, gekritiseer as ‘n aanduiding van voortdurende personderdrukking. Luister self na die onderhoud.