Nampu eis dat Beukes Woensdag terug is op sy pos
Die media-vakbond Nampu het buite New Era se hoofkantoor betoog en wou ‘n petisie aan die uitvoerende hoof Christof Maletsky oorhandig maar hy het nie uitgekom nie. Die vakbond eis dat die besturende direkteur Johnathan Beukes se skorsing opgehef word. Hy is geskors na ‘n hoofartikel oor die regbank. Tileni Monghudi, deel van die uitvoerende bestuur by Nampu, het met Kosmos 94.1 Nuus by die kantore gepraat.
Nampu eis dat Beukes teen 11 Oktober terug is op sy pos.