NamPower tender vir houtstukkies kan winsgewend wees vir boere – kenner

Agribank se tegniese adviseur op lewendehawe sê NamPower se tender vir die verkryging van indringerbos houtstukkies is ‘n gulde geleentheid vir boere regoor die land. Ngaruka sê nie net sal dit boere help om graslande te herwin nie maar, dit is ook ‘n bron van inkomste. NamPower soek die stukkies vir sy Otjikoto-biomassa kragstasie nodig. Die tender is vir ‘n sewe-jaar kontrak en sluit op 20 Junie vanjaar.