NamPower sê oor biomassa-kragstasie
Namibië se kragvoorsiener, NamPower, beoog om binnekort ‘n biomassa-kragstasie naby Tsumeb in die Oshikoto-streek bou. Volgens die projek-feiteblad wat deur NamPower vrygestel is, sal die Otjikoto-biomassakragstasie elektrisiteit opwek uit houtskyfies van indringerbosse wat uit die omliggende gebiede van die voorgestelde projekterrein geoes word. Titus Haihambo, ‘n multidissiplinêre- en projekingenieur by Nampower, het ‘n oorsig gegee van die projek se doelwitte.