NamPower buig voor kabinet, skort beurtkrag op

NamPower het te kenne gegee dat sy beurtkragplan, om ‘n miljard Namibiese dollar se skuld in te vorder, eers op die ys gesit is tot einde Augustus vanjaar. Dit volg na die finansminister Ipumbu Shiimi met NamPower se direksie en bestuur vergader het na die maatskappy nie gehoor gegee het aan kabinet se opdrag dat hy nie beurtkrag toepas nie. Luidens ‘n verklaring sê NamPower die regering het ingrypings daargestel wat tot einde Augustus in werking sal wees. Die maatskappy het nie verdere inligting oor presies wat die ingrypings behels, bekend gemaak nie.