NamPost stel digitale bankkanale bekend

NamPost het sy digitale bankkanale bekendgestel as deel van sy digitale transformasiestrategie, Project SKY. Dit sluit die bekendstelling van die NamPost digitale banktoepassing en internetbankdienste in, wat daarop gemik is om kliënte meer toeganklike en gerieflike finansiële dienste te bied. Dit is ‘n belangrike mylpaal in NamPost se reis om sy aanbiedinge te moderniseer en die onderbankte bevolking van Namibië beter te dien. NamPost het sy verbintenis beklemtoon om bekostigbare en kliëntgerigte bankoplossings te verskaf. Dr Simeon Amunkete, voorsitter van Nampost, het meer.