Namport berei voor die olie- en gassektor
Die Namibiese Hawe-owerheid, Namport, het nie agterweë gebly om homself in die olie- en gasbedryf te posisioneer nie. Die owerheid se hoof uitvoerende beampte, Andrew Kanime, sê daar is talle aanpassings wat gemaak word, veral in verband met voorraad wat by die olievelde benodig word.