Nampol waarsku weer oor kontant

Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek om nie groot hoeveelhede kontant aan te hou nie. Dit kom na ‘n gewapende roof op ‘n plot net buite Okahandja. Meer as 1 miljoen Namibiese dollar se kontant en goedere is gesteel. ‘n 38-jarige vrou wat in die huis was, is aangerand en sê die drie gewapende mans het haar gevra vir die 500 000 dollar se kontant wat in die kluis was. Haar man het blykbaar ‘n vragmotor verkoop en die deposito was so betaal. Hulle het ook weggekom met drie skootrekenaars, ‘n iPhone, ‘n pistool en .22, juwele en Amerikaanse dollar. Hulle het in haar voertuig gevlug. Dis is later op die B1 naby Osona Village gevind.