Nampol vind wapen, messe en inbreek-toerusting, 5 vas

Polisie op Ongwediva sê hulle het by ‘n gastehuis op die dorp vyf mans tussen die ouderdomme van 24 en 38 gearresteer vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en toerusting om inbrake uit te voer. Hulle is in ‘n silwer Toyota Corolla gevind met ‘n pistool waarvan die reeksnommer verwyder is sowel as ammunisie en drie messe. Die mag sê verder ‘n stuk spesiaal-gesweiste yster wat moontlik gebruik kan word om toegang tot geboue te verkry is ook gevind. ‘n Ondersoek is gelas.