Nampol vind N$831 000 se dagga

Die Namibiese polisie het amper 17 kilogram dagga op Keetmanshoop by ‘n padblokkade gevind. Die operasie was intelligensie gedrewe met inligting dat ‘n Tanzaniër op pad was Windhoek toe in ‘n minibus. Die man, 26 jaar oud, het geen paspoort aan hom nie en ook geen ID-dokument nie. Die waarde van die dagga beloop net meer as 831 000 Namibiese dollar. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.