Nampol verskerp patrollies op paaie

Hierdie naweek sal die gewone skerp toename in verkeersvolumes landwyd sien, aangesien baie aktiwiteite plaasvind. Die Visfees vind op Hentiesbaai plaas, die Ongwediva-handelskou in die Noorde, asook die Outjo Wildsfees. In Windhoek is die Heldedag-herdenking by die Onafhanklikheid-stadion en die groot rugbywedstryd tussen die Welwitschias en Blou Bulle by die Vegskop-stadion by Windhoek Hoërskool. Die Namibiese polisie se verkeers-afdeling sal sy patrollies verhoog om padongelukke op die hoofpaaie te voorkom, veral die B1- en B2-hoofweë. Kosmos 94.1 Nuus het met die verkeershoof van Nampol kommissaris Petrus Swartz, gesels wat sê dat hulle geen genade sal betoon vir enigiemand wat nie die padreëls nakom nie.