Nampol vergader met boere van Omaheke op Rooikraal

’n Opvolgvergadering om alle misdaad- en sekuriteitsake in die Omaheke-streek te bespreek en terugvoering te gee, word met die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, gereël. Die vergadering vind op 6 Desember op die Rooikraal Game Ranch by Omitara plaas en volg op ‘n vergadering wat in September verlede jaar gehou is. Alle boere van Hochfeld, Witvlei, Omitara, Steinhausen, Seeis en die omliggende gebiede word genooi om dit by te woon. Rooikraal Game Ranch se eienaar, Marina Lamprecht, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.