Nampol se vermiste wapens in SA se bendegeweld gevind

Die Engelse dagblad, The Namibian berig vanoggend dat vermiste wapens van die Namibiese polisie in bendegeweld in Suid-Afrika gebruik word. Dit kom na die Valke in Suid-Afrika ‘n ondersoek voltooi het. Daar is, volgens die berig, 80 wapens van Nampol in die buurland gekonfiskeer waarvan 23 nog reeksnommers gehad het. Twaalf van die wapens is blykbaar in die besit van Urbanus Shaumbwako, ‘n Phala Phala-verdagte, in die buurland gevind. Nampol wapens is ook in 2022 in Angola gevind.