Nampol se Usalama IX lewer groot sukses op

Die Namibiese polisie sê operasie Usalama IX, wat deel vorm van ‘n Interpol-veldtog en jaarliks gehou word was ‘n baie groot sukses. Al 14 streke in die land het tussen 14 en 18 Augustus aan die operasie deelgeneem en in totaal is 159 onwettige immigrante in hegtenis geneem. Daar is 28 verdagtes gearresteer vir dwelms ter waarde van 1,068 miljoen Namibiese dollar. Vier kabeldiewe is vas vir diefstal van amper 75 000 dollar se kabels terwyl ses gearresteer is vir brandstofsmokkelary ter waarde van amper 6 000 dollar. Die mag het nie besonderhede gegee nie maar sê 11 is vas vir omgewingsmisdade ter waarde van amper 195 000 dollar met drie wat in hegtenis geneem is vir die besit van onwettige wapens en ammunisie. Vier wapens en 48 rondes is gekonfiskeer.