Nampol sê oor padblokkades in spitsverkeer

Dit het ‘n algemene praktyk van die Namibiese polisie en die Windhoek Stadspolisie geword om operasies in die oggende tydens spitstyd deur die loop van die week uit te voer. Hulle sal motoriste enige tyd, selfs vanaf ses-uur tot agt-uur die oggend, of later, stop om óf die motorvoertuig te deursoek óf bestuurslisensies vra. Hierdie praktyk is met gemengde gevoelens teëgekom deur lede van die publiek wat meen dat hierdie polisie-operasies daartoe lei dat hulle laat vir werk of skool is. Nampol se verkeersdepartement se hoofinspekteur Rozario Coetzee verduidelik aan Kosmos 94.1 die redes hoekom dit gebeur.